Menu
  • Tuisblad
  • Meer oor Ons
  • Program eBeeldskool
    • Afrikaanse Leerders
  • English Learners
  • Registrasie eBeeldskool Graad 8-10
    • GRAAD 8-10 VORMS
    • Graad 8 Registrasie
    • Graad 9 registrasie
    • Graad 10 registrasie
  • Registrasie eBeeldskool Graad 11-12
    • GRAAD 11 VORMS
    • Registrasie: Kwartaalklasse
    • Registrasie: April Herfsskool
    • Registrasie: Julie Winterskool
    • Registrasie: Oktober Lenteskool
    • GRAAD 12 VORMS
    • Registrasie: Kwartaalklasse
    • Registrasie: April Herfsskool
    • Registrasie: Julie Winterskool
    • Registrasie: Oktober Lenteskool
    • BESTE WENSE
  • Registrasie Vraestelvoorbereiding
    • Julie: Universiteit van Pretoria
    • Julie: Noordwes Universiteit
    • Oktober: Vraestelvoorbereiding
  • NBT Registrasie
    • NBT Inligting
    • NBT registrasie
    • NBT Registration
  • Kreatiewe Skryfkompetisie
    • INLIGTING
    • Kompetisie inligting
    • Kompetisie e-Publikasies
    • Kompetisie Seminaar
    • REGISTRASIEVORMS
    • Registrasie: Poësie-afdeling
    • Registrasie: Opstelafdeling
    • UITSLAE
    • Uitslae Poësie
    • Uitslae Opstelafdeling
  • Onderwysersopleiding
    • INLIGTING
    • Inligting vir Onderwysers
    • Seminaar/Seminar
    • REGISTRASIE / REGISTRATION
    • Registrasie: Grafiese Ontwerp
    • Kunsmatige Intelligensie / Artificial Intelligence
    • Kreatiewe Media-ontwerp
    • Adobe Creative Cloud
    • Registrasie: Microsoft Office
    • Registrasie: Tegnologie
    • Tegnologie Winkel
  • Tegnologie Winkel
  • Borgskappe en Bemarking
  • Koerantbestellings
  • Skoolkoerantkursus
  • Oefenvraestelle
    • Publikasie-inligting
  • Kontak Ons
  • Tuisblad
  • Meer Oor Ons
  • Program eBeeldskool
    • Afrikaanse Leerders
  • English Learners
  • Registrasie eBeeldskool Graad 8-10
    • GRAAD 8-10 VORMS
    • Graad 8 Registrasie
    • Graad 9 Registrasie
    • Graad 10 Registrasie
  • Registrasie eBeeldskool Graad 11-12
    • GRAAD 11
    • Registrasie: Kwartaalklasse
    • Registrasie: April Herfsskool
    • Registrasie: Julie Winterskool
    • Registrasie: Oktober Lenteskool
    • GRAAD 12
    • Registrasie: Kwartaalklasse
    • Registrasie: April Herfsskool
    • Registrasie: Julie Winterskool
    • Registrasie: Oktober Lenteskool
    • BESTE WENSE
  • Registrasie Vraestelvoorbereiding
    • Julie: Universiteit van Pretoria
    • Julie: Noordwes Universiteit
    • Oktober: Vraestelvoorbereiding
  • NBT Registrasie
    • NBT Inligting
    • NBT registrasie
    • NBT Registration
  • Kreatiewe Skryfkompetisie
    • INLIGTING
    • Kompetisie inligting
    • Kompetisie e-Publikasies
    • Kompetisie Seminaar
    • REGISTRASIEVORMS
    • Registrasie Poësie-afdeling
    • Registrasie: Opstelafdeling
    • UITSLAE
    • Uitslae Poësie
    • Uitslae Opstelafdeling
  • Onderwysersopleiding
    • INLIGTING
    • Inligting vir Onderwysers
    • Seminaar/Seminar
    • REGISTRASIE/REGISTRATION
    • Registrasie: Grafiese Ontwerp
    • Kunsmatige Intelligensie / Artificial Intelligence
    • Kreatiewe Media-ontwerp
    • Adobe Creative Cloud
    • Registrasie: Microsoft Office
    • Registrasie: Tegnologie
    • Tegnologie Winkel
  • Tegnologie Winkel
  • Borgskappe en Bemarking
  • Koerantbestellings
  • Skoolkoerantkursus
  • Oefenvraestelle
    • Publikasie-inligting
  • Kontak Ons




Kreatiewe Skryfkompetisie: Skryfwenke deur skrywers
Afrikaans: "Dit is ons erns" - Dr DF Malan (1908)




Stacks Image 1319
Stacks Image 1316




BEELD KREATIEWE SKRYFKOMPETISIE: SKRYFWENKE DEUR BEKROONDE SKRYWERS




Die nooi wat haar Europese skoene daar anderkant uitgeskop het, Indonesiese sokkies aangetrek het en haar vellies hier in Afrika kom vasmaak het; hierdie skat wat ons Afrikaans noem. Chris Chameleon


Stacks Image 5



ONTWIKKELING VAN JONG SKRYWERSTALENT


Beeldskool en AON bied meer kreatiewe skryfgeleenthede vir leerlinge en onderwysers/skole vanjaar. Ons het besluit om jong skrywerstalent verder te bevorder deur van ons Afrikaanse skrywers te betrek deur wenke aan leerlinge te gee.






SKRYWER: ANNERLE BARNARD GEE SKRYFWENKE OP HAAR WEBTUISTE



Meer oor Annerle

Indien jy nie van skryf hou nie, of dalk nie van lees, of dalk gek oor skryf en lees is, het Annerle die regte resep vir jou, of sal gewis jou anders oortuig, of die wenke wat jy benodig in detail beskryf en onderrig. Annerle het toestemming aan Beeld in Onderwys verleen om haar webtuiste hier op e-Beeldskool bekend te stel - net vir jou. Annerle het nuttige en motiverende wenke vir alle jong skrywers (of dalk nie so gretige skrywers nie) op haar webtuiste.

ANNERLE GEE WENKE Kliek op die skakel en kry al die wenke wat jy benodig om kreatief te skryf. (https://annerlebarnard.co.za)

Sweepslag verskyn op die kortlys vir die Samlam-prys vir Jeuglektuur, 2017.

Sindikaat was die silwerwenner in die Afrikaanse kategorie van die Sanlam-prys vir Jeuglektuur, 2019.

Spel wen in 2021 die goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur.

Annerle is 'n gebore klong van die Bosveld (Musina) en het later verskuif na Noordwes omgewing waar sy dan ook matrikuleer aan die Hoërskool Wolmaranstad.

Annerle Barnard, Beeldskool, die AON, Multidimensions en Afrikaans.com wens jou baie suksesse toe met jou skryftalent en vertrou dat jou betrokkenheid by ons skryfprojek mettertyd sal kan uitbrei.





SKRYWER: ANNABEL ALLERS GEE DIE VOLGENDE WENKE



Meer oor Annabel

"My eerste boek was "Kupido.com", en my tweede boek was "'n Ou Soos Jy" (waarvoor ek 'n Woordveertjie gewen het). Albei is deur LAPA uitgegee."

Meer inligting rakende haar boeke is hier beskikbaar: Boeke geskryf deur Annabel

Annabel se skryfwerk is nie beperk tot die skryf van boeke nie, sy is tans kontraktueel aangestel as 'n Afstandsinhoudskrywer by 'n maatskappy vir hulle webtuiste. Sy is baie besig met skryfwerk en Beeldskool waardeer dat sy tyd afgestaan het om wenke aan ons jong skrywers te gee.

Haar werk as skrywer toon aan dat jou skryftalent vir jou werk en 'n inkomste kan verskaf.

Annabel, Beeldskool, die AON, Multidimensions en Afrikaans.com wens jou baie suksesse toe met jou skryftalent en vertrou dat jou betrokkenheid by ons skryfprojek mettertyd sal kan uitbrei.



Lees Dieselfde Genre As Wat Jy Skryf
Ek is mal oor lees. Een van die lekkerste dinge vir my om te doen, is om wyd te lees en allerhande nuwe genres te ontdek. Maar wanneer ek ‘n storie begin skryf help dit my altyd baie om eers ‘n paar boeke in dieselfde genre te lees. Dit kry my kop op die regte plek en kan ‘n fantastiese manier wees om inspirasie te kry. Maak net seker jy steel nie per ongeluk idees nie!

Hou ‘n Notaboekie en Pen By Jou
‘n Mens weet nooit wanneer jy ‘n goeie storie idee gaan kry nie. Partykeer gebeur dit op die snaakste plekke! Wanneer ek beplan om ‘n storie te skryf, of ek is reeds besig, dra ek ‘n notaboekie saam met my sodat ek vinnig iets kan neerskryf wanneer ‘n idee my tref. ‘n Goeie alternatief is die “Notes” toepassing op ‘n mens se foon – ek gebruik hom baie.

Begin Met ‘n Geraamte
Hoewel hierdie nie vir alle skrywers werk nie, is dit vir my makliker om ‘n rowwe “geraamte” van ‘n storie te skryf, en later die “vleis” by te sit. Die “geraamte” is ‘n baie basiese sinopsis van die storie, waarin ek presies uitwerk waarheen ek wil hê die storie moet gaan en wat alles moet gebeur. Dit help my om nie verlore te raak in my eie storie nie, en keer dat ek myself in hoeke of doodloopstrate vasskryf. Die “vleis” is alles anders, soos dialoog, karakterontwikkeling, wêreld bou, ens.

Partykeer Skryf Die Storie Homself
Nog ‘n rede hoekom ek daarvan hou om eers ‘n geraamte uit te werk vir ‘n storie, is omdat die storie of die karakters soms hulleself skryf. Dit is iets wonderlik wat gebeur wanneer ‘n mens regtig deel raak van die storie en die karakters baie goed leer ken, en dit voel asof alles net natuurlik vloei tussen ‘n mens se brein en die papier. Dit is altyd vir my die heel lekkerste tye om te skryf, en wanneer ek ‘n geraamte gereed het kan ek myself toelaat om te laat gaan en die storie te laat vloei, sonder om bekommerd te wees dat hy met my gaan weghardloop.

Karakters
Ek geniet dit om my karakters van die begin af goed te leer ken, voor ek nog begin skryf. Ek skryf neer hoe hulle lyk, waarvan hulle hou, wat hulle wil bereik, waarin hulle glo, ens. Partykeer gebruik ek selfs ‘n speletjie soos Sims om hulle te maak. Selfs al gebruik ek nie elke detail direk in die storie nie, help dit my om te weet hoe hulle in ‘n situasie sou reageer of hoe hulle praat en dink.

Skryf Elke Dag ‘n Bietjie
As jy eers weet hoe lank jy jou storie wil hê, kan jy vir jouself daaglikse doelwitte opstel. Toe ek my eerste boek geskryf het, met die oog daarop om in te skryf vir LAPA se jeugroman kompetisie, het ek elke dag 2000 woorde geskryf. ‘n Mens hoef nie naastenby so baie te skryf nie, maar ek dink dis belangrik om elke dag aan jou storie te werk – selfs al is dit net ‘n klein bietjie. Dit hou jou brein aan die dink, selfs wanneer jy slaap, en hoe meer jy skryf, hoe meer gaan jy wil skryf!

Skryf Eers, Redigeer Later
Dit kan moeilik wees om die versoeking te weerstaan om elke dag jou vorige dag se werk te redigeer. Maar ek het agter gekom dat as ek elke dag eers terug gaan en veranderinge maak, skryf ek minder en stadiger. Dit voel vir my asof dit my momentum briek. Ek sou aanraai dat jy eers alles skryf en dan die hele storie op een slag redigeer wanneer dit klaar is. Dan kan jy redigeer met die groter prentjie ingedagte, eerder as om te fikseer op klein details wat lesers dalk nie eers gaan raaksien nie.

Wees Oop vir Verandering
Wanneer jou storie klaar geskryf is kan dit baie help om dit vir ander mense te wys en te hoor wat hulle dink. Ek het, byvoorbeeld, nog elke storie wat ek geskryf het eers vir my ma gegee om te lees voordat ek dit vir LAPA probeer stuur het. Ander mense het dikwels ‘n meer objektiewe uitkyk op jou storie en kan konstruktiewe kritiek lewer. Laat ‘n paar mense jou storie lees, en hoor of hulle almal dieselfde notas het. As hulle het, is dit dalk iets waarna jy weer moet kyk of waarop jy kan verbeter.

“Show, Don’t Tell”
Dié Engelse sêding hoor ‘n mens baiekeer wanneer dit kom by skryf - en met goeie rede. My eie stories voel altyd vir my beter of lekkerder om te lees wanneer ek probeer om iets te wys, eerder as om net die leser daarvan te vertel. Byvoorbeeld, eerder as om te skryf “My ouma hou daarvan om te lag”, is dit partykeer beter om iets te skryf soos “My ouma se oë is omring deur lagplooitjies”. Dit wys vir die leser presies wat jy wil sê, sonder dat jy dit hoef te sê.

Jy Hoef Nie Alles Te Verduidelik Nie
Hierdie wenk sluit aan by “Show, don’t tell”. Toe ek net begin stories skryf het, het ek gevoel asof ek elke klein dingetjie aan die leser moes verduidelik, want ek was is bang hulle mis iets of verstaan iets verkeerd. Maar lesers is altyd baie slimmer as wat ‘n mens dink! Byvoorbeeld, jy hoef nie te skryf dat roomys koud is nie, die leser weet dit reeds. Of, as ‘n karakter bloos wanneer ‘n aantreklike seun na hulle kyk, is dit nie nodig om dan óók te skryf dat hulle van die seun hou nie. Partykeer kan ‘n mens verduidelikings los vir later in die storie wanneer dit natuurlik gebeur, in ‘n dialoog tussen twee karakters of as deel van ‘n karakter se gedagtes. Of soms kan ‘n mens dit sommer heel uitlos. Partykeer is dit veral lekker om só te skryf dat iets vir almal duidelik is, behalwe vir die hoofkarakter! Byvoorbeeld, ‘n meisie wat duidelik mal is oor haar vriendin se boetie, en almal rondom haar (insluitend die lesers) kan dit sien, maar sy besef dit eers later.

Skryf Wat Jy Ken
Alhoewel dit baie goed is om navorsing te doen vir ‘n storie, is dit partykeer makliker om te begin deur te skryf oor dinge wat jy reeds ken. Dit is ‘n goeie manier om ‘n storie meer realisties te laat voel. Byvoorbeeld, ek gebruik gereeld regte mense in my lewe as inspirasie vir my karakters, en my hoofkarakters het altyd ‘n bietjie van myself in hulle. Dit help my om makliker in hulle skoene te klim terwyl ek skryf. Ek laat ook baiekeer my stories afspeel in ‘n stad of plek waar ek al was.

Geniet dit!
Die heel belangrikste wenk wat ek kan gee, is dat jy jouself moet geniet. Daar is tog geen punt daarin om te skryf as dit nie vir jou lekker is nie. Ek skryf op my lekkerste wanneer ek regtig van my storie en karakters hou, of vir my eie storie kan lag. As jy agter kom jy is ongelukkig terwyl jy skryf, dan is dit dalk tyd om oor te begin met iets nuut of ‘n bietjie te rus. Moenie bang wees om oor te begin as dit beteken jy gaan meer gelukkig wees nie! Moet ook nie jouself dood werk of dwing om by doelwitte te hou wanneer jy moeg is nie. Geniet dit net en sit jou hele hart daarin.











IS JY KREATIEF?







Die AON is die hoofborg van die Beeld Kreatiewe-Skryfkompetisie

Multidimensions is 'n kursusborg van die Beeld Kreatiewe-Skryfkompetisie

Afrikaans.com is 'n medeborg van die Beeld Kreatiewe-Skryfkompetisie

Kontak E-Beeldskool vir navrae rakende die Kreatiewe-Skryfkompetisie





TERUGVOER

TERUGVOER VANAF OUERS EN LEERLINGE

  • account_circle
    “
    Sy werk tussen deur aktiwiteite en skool klasse deur die klasse en opnames. Haar woorde: mamma waar was die mense voor die eksamen 🤣
    – Ouer van leerling wat GR12 haar 2023-uitslae wil verbeter
    ”
  • account_circle
    “
    Beeldskoolklasse is vir Joline regtig 'n vangnet. Veral ook omdat sy die videos weer kan kyk. Sy maak baie staat op julle klasse en hou baie van die onderwyser. Ek dink julle het nie net 'n verskil gemaak aan haar punte nie, maar ook vir haar baie meer gemoedsrus gegee, en natuurlik haar stresvlakke baie laer gemaak. Baie dankie .
    – Ouer van Joline
    ”
  • account_circle
    “
    Net terugvoering oor die Fisiese Wetenskap: Joline hou baie van die onderwyser en ek dink sy gaan hier ook baie baat vind by die klasse. Sy het sowaar in die eerste les feite geleer wat nie sy nog nie geweet het nie (en dit was 'n hersieningsklas).
    – Ouma van Jolene
    ”
  • account_circle
    “
    Ek vind die klasse regtig uitstekend! Dit help my beslis vreeslik baie. Ek beveel beeldskool vir almal aan wat ek kan. Ek vind baie daarby baat en leer met elke klas soveel nuwe goed. Ek ervaar talle "eureka oomblikke" wanneer ek gelei word om koppelinge te maak en nuwe dinge te besef. Almal doen vreeslik baie moeite en ek waardeer dit opreg.
    – Margot
    ”
  • account_circle
    “
    Die Wiskunde is fantasties! My kind werk hard om 'n onderskeiding in Wiskunde te behaal, maar daar was nog die heeltyd 'n gaping in haar kennis wat haar van dit ontneem het. Na slegs 2 dae kon sy al klaar dele identifiseer waar sy haar punte verloor het! Sy is baie beïndruk met die aanbieder. Hy is deeglik en sy verstaan sy verduidelikings.
    – Ouer
    ”
  • account_circle
    “
    Dit voel of ek basies in die klas sit en vir die onderwyser luister terwyl hulle die klasse aanbied.
    – Joelene
    ”
  • account_circle
    “
    Hi Elize, ek wou net laat weet Sean se wiskundepunt vir sy 3de kwartaal is op van 22% na 54%. Ons is so blessed deur E-Beeldskool.
    – Ouer
    ”
  • account_circle
    “
    Hi Elize, hoop dit gaan goed....wil net vir jou se Monique se sy het nooit vierkant voltooing verstaan nie, maar na nou die dag se les verstaan sy dit 100% baie dankie. Jul klasse is ook van uitstaande gehalte...jul moeite is met een woord fantasties....ons is baie beindruk. Mooi aand....groete Lizanne
    – Lizanne
    ”
  • account_circle
    “
    Ek wil julle net bedank vir die voortreflike wiskunde klasse wat julle vir die Gr. 8-leerlinge aangebied het. Susan se punte het van 70 persent na 97 persent verbeter.  Nogmaals baie dankie
    – Ilsa van Niekerk
    ”
  • account_circle
    “
    Hi Elize, hoop dit gaan goed....wil net vir jou se Monique se sy het nooit vierkant voltooing verstaan nie maar na nou die dag se les verstaan sy dit 100% baie dankie. Jul klasse is ook van uitstaande gehalte...jul moeite is met een woord fantasties....ons is baie beindruk. Mooi aand....groete 🌹🌹
    – Lizanne
    ”
  • account_circle
    “
    Hy geniet die klasse – onderwysers is baie goed en die notas is uitstekend – goed opgedeel in verskillende onderwerpe. Elke week se klas is ook lekker, gee hom geleentheid om rustig, op n geordende manier, deur alles te gaan en hersiening te doen. Baie bly ons het ingeskryf.
    – Ouer van Heinrich
    ”
  • account_circle
    “
    Ek wil net laat weet my kind LOVE die wiskunde klas hy sê die Mnr verduidelik so goed 🥰 . Hy hou sommer nou baie van Wiskunde
    –
    ”
  • account_circle
    “
    Ek kan nie genoeg dankie se vir Beeld vir hul bydrae en ondersteuning aan ons matrieks hierdie jaar nie. Hoe min het ons in Februarie maand geweet dat hierdie 2020 soveel uitdagings sal bied nie. Ek raak skoon emosioneel wanneer ek die eksamen gebed lees - en is opreg dankbaar dat ons Hemelse Vader Engele soos julle na ons toe stuur om ons kinders te dra deur hierdie eksamen voorbereiding. Kan jy asb vir elke onderwysers, tegniese ondersteuner, en wie ookal nog betrokke is by Beeldskool my dankbetuiging aanstuur. Ten spyte van Covid en loadshedding het julle steeds soos een man agter ons kinders gestaan en uit julle pad uit gegaan om Beeldskool suksesvol te maak. Julle het geslaag in julle doel Mag julle ryklik geseen word.
    – Ouer van Joelene
    ”
  • account_circle
    “
    Baie Baie dankie vir jou epos. Ons Sal bietjie op die website gaan kyk en registreer vir 2021. Tammy het voorwaar baie baat gevind by verlede jaar se sessies en met matriek wat voorle, wil sy verseker weer deel wees van die aanbiedings. Die onderwysers is van n top gehalte en sy het defnitief voordeel getrek uit die klasse. Ons sal dus in kontak wees sou ons enige verder vrae he. Geseende dag vir jou en baie groete,
    – Salome
    ”
  • account_circle
    “
    Robin het 100% vir haar eerste wiskunde toets! Die woensdae sessies werk. Robin is in graad 8.
    – Tania - Robin se moeder
    ”
  • account_circle
    “
    Goeie naand. Wil net baie dankie sê vir die hoë standaard van Wiskunde by die Beeldskool. My kind se Wiskunde het tot 85% gestyg. Sy werk nou vir 90%. Groete.
    – Marié - (Deurlopende Klasse)
    ”
  • account_circle
    “
    Hartlik dankie, die onderwysers se onderrig is die beste en ‘n puik balans van alles en my kind het groot lof vir die klasse.
    – Ouer
    ”
  • account_circle
    “
    My dogter het verskriklik baat gevind by die April Wiskunde aanlynklasse en versoek om by die deurlopende Wiskunde klasse vanaf April ingesluit te word.
    – Martie Spies
    ”
  • account_circle
    “
    Ek voel hierdie klasse bied n beter vasleggingsmetode vir ons matriek leerders. Dit leer ons om prioriteite in ag in te neem en meer in te sit en daarom sal ons soveel meer terug kry en ook beter punte verdien. Ek sukkel net nog n bietjie om by te hou en die nuwe metodes te verstaan omdat hierdie metodes van ons opvoeders s'n verskil.. maar! Dit help regtig baie! (Onderrig vanuit 'n ander perspektief)
    – CJ
    ”
  • account_circle
    “
    Ek vind dat die klasse baie help. Die meneer (wiskunde) verduidelik die werk ongelooflik goed
    – Ruben
    ”
  • account_circle
    “
    Die Beeldskool klasse help my baie, dinge wat ek nie verstaan het nie, verstaan ek nou beter.
    – Elizabeth
    ”
  • account_circle
    “
    My seun is baie beïndruk en het dit baie leersaam gevind. Hy sê daar is baie meer in detail behandel as in die klas. Defnitief ‘n paar a-ha oomblikke gehad - veral met die eksponente😃
    – Ouer
    ”
  • account_circle
    “
    Dankie dat Beeldskool die kinders die beste onnies gee om die werk beter te verstaan.
    – Ouer
    ”
  • account_circle
    “
    Nogmaals dankie vir die uitstekende werk wat jul doen en diens wat jul vir ons kinders lewer! Seëninge daardie kant. 🌷🙏🏻
    – Ouer
    ”
  • account_circle
    “
    Beeld in Onderwys, Om opstelle en gedigte te kan skryf is 'n gawe wat soms onder die mat gevee word omdat daar nie genoeg geleenthede vir die kinders is om dit te bevorder nie. Daleney het verlede jaar vir die eerste keer deelgeneem aan die Beeld in Onderwys se poësie en prosa skryfkompetisie wat haar gemotiveer het om gereeld te skryf. Sy is vanjaar as die wenner van die Laerskole Ope-afdeling van die skryfkompetisie aangewys. Dit is beslis 'n hoogtepunt van haar Laerskool loopbaan waarop ons trots is. Ons vertrou dat sy in die Hoërskool sal voortgaan om haar gawe te ontwikkel te danke aan Beeld in Onderwys wie vir haar die geleentheid bied. Ons wil ek julle hartlik bedank vir die voorreg om deel te wees van julle bundel van geleenthede. Sonder 'n ondersteunende skool en die voorreg om in te kan skryf vir die skryfkompetisie sou Daleney nooit haar volle potensiaal kon uitleef nie. Dankie ook aan die borge wie die vlammetjie aan die brand hou. Groete
    – Die Grobbelaars van Standerton
    ”


Tegnologie Winkel

Meer oor Ons

Terugvoer

Kontak Ons

Borgskappe en Bemarking

Terme van Gebruik

Privaatheidsbeleid

Virtuele Kampus







Nuusbrief Intekenvorm



Kontaknommer:
(011) 412-7117

Beeld Adres:
272 Pretoria Road
Ferndale
Randburg

2194


Netwerk24 & Die Burger Adres:
Nasperssentrum
40 Heerengracht
Kaapstad

8001



© 2000-2025 DuxEdMedia™/e-Beeldskool™/Beeldskool™/Beeld in Onderwys™/Leer&Presteer™/Kreatiewe Skryfkompetisie™/Oefenvraestelle™