Hierdie blad vertoon die beste op moderne webblaaiers (Browsers), bv Microsoft Edge, Safari, Chrome en Firefox. Vir Android-gedrewe selfone moet u Adobe-leser installeer om toegang tot die pdf-dokumentasie te verkry. Kontak ons indien u 'n probleem ervaar.
Beeldskool bied topgehalte aanlyn klasse vir NBT. Die onderrigmedium is Afrikaans.
Graad 12’s sal goed afgerond word vir NBT Toetse. Matrikulant, jy kan jou kognitiewe denkvaardighede hier kom ontwikkel. Leerders wat die direkte interaktiewe klasse bywoon, ontvang na afloop van die klasse die betrokke video-skakel vir herkyk.
Indien u 'n gmail adres invul (eerste epos), sal u 'n outomaties respons vanaf die webtuiste kry. Wanneer u die stuurknop druk, sal u die reCaptcha respons moet voltooi.
Indien u 'n gmail adres invul (eerste epos), sal u 'n outomaties respons vanaf die webtuiste kry. Wanneer u die stuurknop druk, sal u die reCaptcha respons moet voltooi. Gebruik asseblief Microsoft Edge, Safari, of Firefox op u selfoon om die vorms te voltooi.
BEPALINGS EN VOORWAARDES: (NBT AANLYN KLASSE):
Hierdie registrasie vorm is vir NBT. Registreer apart vir ander aanlyn klasse.
VOLG ASSEBLIEF DIE ROOSTER OP HIERDIE WEBTUISTE VIR SPESIFIKASIE VAN TYE: E-BEELDSKOOL PROGRAM.
Beeldskool bied topgehalte aanlyn klasse vir NBT. Die onderrigmedium is Afrikaans. Graad 12’s sal goed afgerond word vir NBT Toetse. Matrikulant, jy kan jou kognitiewe denkvaardighede hier kom ontwikkel.
Voltooi die meegaande aanlynvorm en stuur dit aan ons. Ons sien daarna uit om jou by die NBT-kursus te verwelkom en jou doelwitte te help verwesenlik!
BEPALINGS EN VOORWAARDES
Betalings kan dan elektronies gedoen word – e-pos jou bewys van betaling met volledige identifiseerbare inligting soos jou naam en van en kontakbesonderhede, asook die van ouers.
Beeld behou die reg om, indien daar in ’n sekere klas groeperings nie voldoende belangstelling is nie, dié betrokke klasse te kanselleer. Bespreek egter vroegtydig om teleurstelling te voorkom, want daar kan net ’n sekere aantal leerders per klas toegelaat word. Dit is leerders se verantwoordelikheid om die volle kursus waarvoor ingeskryf is, AANLYN by te woon.
TEGNOLOGIESE VEREISTES is die ouer/wettige voog se verantwoordelikheid en Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelikheid daarvoor nie. Beeld aanvaar geen verantwoordelikheid vir leerders wat AANLYN klasse vroeër verlaat/mis/laat inskakel nie.
’n Elektroniese skakel sal aan jou gestuur word. Skakel ons telefonies voor die aanvang van klasse indien jy niks ontvang het nie. Die bedrag wat u moet inbetaal, is volgens die skaal hieronder. Die aantal dae wat u gemerk het, kan op die tabel hieronder gelees word en dis die bedrag wat u dienooreenkomstig moet inbetaal by die betrokke bank met die volgende bankbesonderhede:
Absa-tjekrekening: 4048931283
Tak: 632005
Rekeninghouer: Media24
Verwysingsnr: KIOB + leerling se naam
Stuur bewys van betaling aan:
E-pos: skool@ebeeldskool.co.za
Onthou om u betaling te maak!!!! U mag onder geen omstandighede die ELEKTRONIESE SKAKELS met iemand deel nie, sou ons dit optel, deur die tegnologie, sal u en die nie-geregistreerde leerders geblok word sonder terugbetaling. Inskrywings moet per e-pos gekanselleer word indien u besluit om te kanselleer. Leerders en ouers moet asseblief kennis neem dat die aanlyn onderrigplatform wat deur e-Beeldskool gebruik word streng maatreëls in plek het en in werking gestel word waar dit misbruik word.
Alle Beeldskool materiaal het streng kopiereg: Kontak ons asseblief indien u weet van enige onwettige verspreiding en of gebruik..
Hierdie is 'n wettige registrasie-dokument, wanneer u registreer en nie binne 14 dae voor aanvang van die aanlyn klasse skriftelik kanselleer nie, sal u aanspreeklik gehou word vir die volle bedrag. Ons doen ons beplanning op grond van die aantal ingeskrewe leerders. Voor u registreer, moet u asseblief seker maak dat u voortgaan om sodoende enige dispuut te voorkom. Indien betaling reeds gemaak is, sal 'n kansellasie fooi gehef word volgens die oordeel van die administrateurs van e-Beeldskool.
Indien u nie hierdie aanlyn vorm verstaan nie, kan u ons skakel. In enige dispuut, sal al die terme en voorwaardes gebruik word vir beslegtiging. Dit sal egter nie bykomende inligting op die blad uitsluit nie. Die aanlyn vorm is vir u gerief. Let wel, ons maak tans nie voorsiening vir aanlyn betalings nie. U moet 'n direkte bankdeposito maak en die bewys aan ons epos.
MOET ASSEBLIEF NIE DIE STUUR VAN BEWYS AAN DIE BANK OORLAAT NIE. BANKE GEE NIE DIE DETAILS VAN U EN U KIND NIE, GEVOLGLIK KAN ONS NIE BEPAAL WIE DIE BETALING GEMAAK HET NIE
Waak teen misinformasie. Vir meer inligting oor Covid-19 besoek die webtuiste van die DEPARTEMENT VAN GESONDHEID (Kliek)