HOE LANK IS DIE ONDERRIGSESSIES?
Sommige vakke se aanlyn onderrigtyd sal ongeveer 2-3 uur sessies per week wees, terwyl ander vakke oor 'n naweek afgehandel word.
HOE KAN LEERDERS INSKRYF?
Registrasie vir die virtuele klasse sal op die beginsel van eerste word eerste toegelaat, berus.
E-pos KONTAK vir navrae.
WIE SAL BY e-BEELDSKOOL BAAT VIND?
Almal sal baatvind van onderskeidingskandidate tot leerlinge wat net hul prestasies wil verbeter.
VOORDELE VAN e-BEELDSKOOL:
HOE LANK WORD e-BEELDSKOOL AL AANGEBIED?
(Ons sal nog oorweeg hoe kontakonderrig in die toekoms kan plaasvind). Vir 2021 sal Beeldskool virtueel onderrig word, dus e-Beeldskool. Die veiligheid van ons leerders en ouers is van kardinale belang. Ons neem besluite ook binne die raamwerk van die grendeltyd regulasies.
Beeldskool is in 2000 gestig. Ons kry oproepe van ouers wat sê hulle het Beeldskool bygewoon – dit was wonderlik. Hulle wil nou hulle kinders inskryf.
Die naam e-Beeldskool is reeds in 2014 geregistreer en is in 2020 van stapel gestuur.
Waak teen misinformasie. Vir meer inligting oor Covid-19 besoek die webtuiste van die DEPARTEMENT VAN GESONDHEID (Kliek)