Leerlinge kan ook nog steeds vir die deurlopende klasse registreer en met ons plooibare werkswyses op datum bly.
As jy nog nie registreer het nie, doen dit nou.
NB!! KENNISGEWING AAN OUERS EN LEERDERS
Beeldskool 2024.
U het nou betaalopsies op die aanlyn registrasievorms.
Registreer nou vir die Beeld Winterskool.
U kan steeds die Herfsskool opnameskakels en materiaal koop.
Leerlinge mag steeds vir die deurlopende klasse registreer.
Registreer asseblief op die toepaslike aanlyn vorms.
Kry meer inlligting oor ons Kreatiewe Skryfkompetisie op die webtuiste.
Opname-skakels vir alle klasse sedert 2020 is beskikbaar
Alle Beeldskool materiaal het streng kopiereg.
Het jy al gewonder wat Beeldskool of E-Beeldskool is?
BEELDSKOOL IS JOU SKOOL NET VIR JOU - WAAR JY OOK AL IS
Leerlinge en ouers beskryf Beeldskool as ekstra klasse, ekstra hulp, afrondingsklasse, onderrig uit ‘n ander perspektief, en ander noem dit weer ‘n top prestasie skool, of, dit voel of ek in die klas sit. Elk het sy eie mening. Hoe dit ookal sy, kom kyk self en vorm jou eie siening van Beeldskool en ervaar ook die puik resultate soos duisende ander leerlinge.
Kry dit nou reg, nie later nie met eksklusiewe ekstra aanlyn klasse by E-Beeldskool - dis elke sent werd sê leerlinge. Geen ander leerervaring is soos jou E-Beeldskool ervaring nie.
'n Verandering is só goed soos 'n vakansie! So is E-Beeldskool vir Gr. 11 & 12 leerlinge. En nou ook vir Gr. 8-10. Dit is 'n topgehalte opknappingskursus wat deur ervare onderwysers in die praktyk aangebied word om leerlinge se bestaande vakkennis op te skerp en hulle behoorlik vir die kurrikulum en komende eksamens af te rond. Dit is 'n wonderlike geleentheid om die vakke wat aangebied word uit 'n ander oogpunt te sien.
E-Beeldskool (word nou virtueel aangebied soos bo aangedui) is die oudste topprestasieskool vir graad 11 en 12-leerlinge om te help met kurrikulum en eksamenafronding. Dit word in Afrikaans aangebied in vakke soos:
Wiskunde,
Fisiese en Lewenswetenskappe,
Rekeningkunde,
Besigheidstudies
Afrikaans Huistaal, en
Engels Eerste Addisionele Taal; en nog meer…
Leerlinge kom jaarliks van heinde en verre om dit by te woon en getuig van die puik afronding wat dit hulle bied. Dit is nou makliker as ooit om by die klasse in te skakel.
Tegnologie stel ons nou instaat om meer leerlinge en meer grade te betrek. Om leerlinge van Suid-Afrika nie net kompeterend te maak met die wêreld nie, maar die beste. Stelselmatig sal die reikwydte uitgebrei word.
Hier by Beeld glo ons dat in tye van onsekerheid, enige iets moontlik is. Maar enige iets gebeur nie vanself nie. Ons laat dit gebeur. Waar jy ookal is: onderrig vanuit 'n ander perspektief.
Beeldskool is die leier op die gebied van ondersteuning vir graad 11-12 leerlinge wat hulle prestasies wil verbeter en het 'n trotse tradisie wat oor baie jare gevorm is deur ons onderrigmetodiek, bekostigbaarheid en ons onderwysers wat topgehalte onderrig gee.
So het e-Beeldskool tot stand gekom in virtuele formaat vir ondersteuning aan ons leerlinge, sonder om ons unieke en tradisionele aanbiedingsmetode mee weg te doen. E-Beeldskool sal gevolglik ook beskikbaar wees vir leerlinge wat nie ons tradisionele kontakklasse kan bywoon nie. E-Beeldskool gebruik tegnologie platforms om 'n vloeiende diens te lewer.
Hier by Beeld is ons opgewonde oor die nuwe wyse van uitreik om ons lesers en leerlinge te bereik deur middel van media wat wêrelwyd toegang kan verleen tot ons unieke stelsel, styl en onderrigmetodiek.
Beeld mag in die toekoms besluit om weer kontakklasse in te stel, en/of 'n hibridiese sisteem.
Tegnologie daag ons ook uit om ons uitreik aansienlik verder te strek as ons gewone ondersteuningsdienste. Die doel van hierdie ontwikkelinge is om ons leerlinge deur afstandsonderrig af te rond en voor te berei vir verdere onderwys en opleiding, deur hulle aan te spoor tot beter prestasie vir sodanige keuringsprosesse en toelatingsvereistes.
Alle inkomste word teruggeploeg in Beeld se onderwysprogram.
E-BEELDSKOOL IN 'n NEUTEDOP
VOORBEELD: INTERAKTIEWE AANLYN KLASSE
U kan hierdie items op sosiale media met vriende en familie deel.