Ons standpunt oor die gebruik van Kunsmatige Intelligensie


Netwerk24 in samewerking met eBeeldskool en Dieburgerskool  het 'n omvattende proses gevolg om KI (Kunsmatige Intelligensie) en plagiaat uit te skakel by veral die wenners. Verder was die res van die skryfwerk aan 'n ewekansige steekproefbasis onderwerp vir toetsing, of waar daar indikasies was.

Ongelukkig is daar wel 'n paar gevalle waar leerlinge die kortpad via KI probeer neem het. Hierdie inskrywings is suksesvol geïdentifiseer. Ons is bevoorreg om oor ‘n ervare beoordelingspaneel en moderatorspan te beskik, bestaande uit kundige en ervare Afrikaanse onderwysers, wat beide plagiaat en KI-gebruik met groot doeltreffendheid kan opspoor.

Ons doel bly egter om leerlinge aan te moedig om self, kreatief en met trots in Afrikaans te skryf.

Behalwe dat ons jong skryftalent wil ontwikkel, wil ons ook die totale ontwikkeling van ons jongmense bevorder - dit sluit morele ontwikkeling in en die skep van werk wat eie aan die skrywers en hulle eie skeppende woordkuns is. Ons het 'n zero-toleransie beleid teenoor die gebruik van KI in die kompetisie.






Die AON is die hoofborg van die Beeld Kreatiewe-Skryfkompetisie

Multidimensions is 'n kursusborg van die Beeld Kreatiewe-Skryfkompetisie

Afrikaans.com is 'n medeborg van die Beeld Kreatiewe-Skryfkompetisie

Kontak E-Beeldskool vir navrae rakende die Kreatiewe-Skryfkompetisie












TERUGVOER VANAF OUERS EN LEERDERS

  • account_circle
    Beeld in Onderwys, Om opstelle en gedigte te kan skryf is 'n gawe wat soms onder die mat gevee word omdat daar nie genoeg geleenthede vir die kinders is om dit te bevorder nie. Daleney het verlede jaar vir die eerste keer deelgeneem aan die Beeld in Onderwys se poësie en prosa skryfkompetisie wat haar gemotiveer het om gereeld te skryf. Sy is vanjaar as die wenner van die Laerskole Ope-afdeling van die skryfkompetisie aangewys. Dit is beslis 'n hoogtepunt van haar Laerskool loopbaan waarop ons trots is. Ons vertrou dat sy in die Hoërskool sal voortgaan om haar gawe te ontwikkel te danke aan Beeld in Onderwys wie vir haar die geleentheid bied. Ons wil ek julle hartlik bedank vir die voorreg om deel te wees van julle bundel van geleenthede. Sonder 'n ondersteunende skool en die voorreg om in te kan skryf vir die skryfkompetisie sou Daleney nooit haar volle potensiaal kon uitleef nie. Dankie ook aan die borge wie die vlammetjie aan die brand hou. Groete
    Die Grobbelaars van Standerton
  • account_circle
    Baie dankie vir die pragtige artikel oor Natasha en die ander wenners van die Beeld Kreatiewe Skryfkompetisie. Die inligting is so mooi bondig saamgevat. Die uittreksels uit die onderskeie skryfstukke maak `n mens omtrent lus vir lees. Hou aan met julle harde werk en die bevordering van nie net ons taal nie, maar ook leerders se kennis en vaardighede. Ons waardeer julle.
    Maritsa Smit - Hoërskool Opvoeder - CURRO DURBANVILLE
  • account_circle
    Baie, baie dankie vir die wonderlike geleentheid wat BEELD aan ons kinders bied om hulle kreatiewe skryfwerk te bevorder. Dit was die eerste keer wat ons kinders aan die kompetisie deelgeneem het en hulle is so opgewonde oor hulle uitslae. Afrikaans is nie hulle huistaal nie en ons is super trots op hulle! Ons sien sommer al klaar uit na volgende jaar se kompetisies!
    Adele Holdt - Southdown College (Departementshoof: Afrikaans)