Deur hierdie vorm te voltooi bevestig u as vakonderwyser dat u Skoolhoof kennis dra van die kompetisie deelname en sy/haar goedkeuring wegdra.
ITEMS MET ROOI ASTERISK WORD VEREIS *
U moet die opsommender lys vir u skool apart versend na e-Beeldskool saam met al die inskrywings in PDF-formaat. Dit is 'n belangrike kontrole vir ons. Slegs elektroniese versendings. U stuur dus die volgende:
1. Die skool inskrywingsvorm (per e-pos)
2. Die opsommenderlys van leerders per skool (per e-pos)
3. Die elektroniese registrasie per leerder (voltooi op die webblad)
4. Die leerders se skryfwerk (per e-pos)(plaas die leerder se naam en die skool op die skryfstuk)
Kreatiewe Skryfwerk wat tussen Januarie 2021 en 31 Augustus 2021 geskryf is, kan ingeskryf word.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 6 September 2021 en moet ons verkieslik voor die datum bereik.
Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag van die kompetisie gevoer word nie.
1. Daar moet 'n opsommender lys van al die inskrywings ingestuur word. Die lys is aangeheg by die aflaaivorms.
2. Dit is vir kontrole.
3. Die skool kan die beste werk van slegs 3 leerders per graad inskryf. (Dus, slegs 3 skryfstukke per graad) (Nie per klas nie)
LET WEL:
Skole skryf hul beste leerders se Kreatiewe Skryfwerk in.
Drie (3) beste leerders per graad en slegs een skryfstuk per leerling
Dit moet getik wees en dit moet ook elektronies in pdf-formaat gestuur word na:
skool@ebeeldskool.co.za
Beeld gee nie individuele terugvoer aan skole of leerders nie, maar algemene terugvoer en wenke sal na afloop van die kompetisie beskikbaar gestel word.
BEPALINGS EN VOORWAARDES
TEGNOLOGIESE VEREISTES is die Skool se verantwoordelikheid en Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelikheid daarvoor nie. Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelykheid vir inskrywings wat ons nie bereik nie vir watter rede ook al.
ITEMS MET 'N ROOI ASTERISK WORD VEREIS *
Stap 1: Die opsommenderlys van leerlinge per skool (elektroniese oplaai by gegewe ruimte)
Stap 2: Die elektroniese registrasie per leerling (voltooi op die webblad)
Stap 3: Laai die leerders se kreatiewe skryfwerk op by die aangewese oplaairuimte. Die opsommenderlys moet as voorblad dien vir die volledige versameling van alle leerders se skryfwerk wat opgelaai word (onderaan hierdie registrasievorm). Die leerlinge se skryfwerk moet duidelik gemerk word (Plaas die volgende op die skryfstuk van elke leerling: naam van leerling, graad, titel, opstelkategorie en naam van skool)
NOTAS:
Skole word vriendelik versoek om die opsommenderlys van leerlinge en skryfwerk van leerders in een dokument op te laai (items 1 en 3).
Maak asseblief seker u het elke deelnemende leerling elektronies geregistreer (voltooi hieronder op die webblad)
Leerlinge word toegelaat om een skryfstuk per afdeling in te skryf. Elke afdeling het 'n aparte inskryfvorm en volg die prosedures asseblief noukeurig.
Maak seker dat u die afdelings en kategorieë skei, bv. u kan nie afrikaans huistaal en afrikaans EAT op dieselfde vorms registreer of skryfwerk op dieselfde oplaairuimte oplaai nie.
Indien u byvoorbeeld tien leerlinge vir huistaal inskryf, moet u die 10 skryfstukke in een dokument gesamentlik oplaai. Sodanige dokument moet nie groter as 10MB wees nie, indien wel groter, kan u dit skei en oplaai in twee dokumente van 10MB elk. Die opsommenderlys moet die eerste bladsy daarvan wees.
Geen e-pos gaan aanvaar word nie.
Indien u 'n gmail adres invul (eerste e-pos), sal u 'n outomatiese respons vanaf die webtuiste ontvang. Wanneer u die stuurknop druk, sal u die reCaptcha respons moet voltooi.
Indien u 'n gmail adres invul (eerste e-pos), sal u 'n outomatiese respons vanaf die webtuiste ontvang. Wanneer u die stuurknop druk, sal u die reCaptcha respons moet voltooi. Gebruik asseblief Microsoft Edge, Safari, of Firefox op u selfoon om die vorms te voltooi.
Die opsommenderlys van leerlinge per skool (elektroniese oplaai).
Die leerlinge se skryfwerk (Plaas die volgende op die skryfstuk van elke leerder: naam van leerling, graad, titel, opstelkategorie en naam van skool).
Merk u leêrs (folders) duidelik met u skool se naam, bv HSMontana, LSBoskruin, HTSKruinsigland.
U MOET alle dokumentasie in een PDF hier oplaai. Die dokument mag egter nie groter as 10MB wees nie. Indien wel groter, moet u ons asseblief kontak. Met die korrekte stellings op u skandeerder is die perk van 10MB en een dokument haalbaar. Merk u PDF-dokumentasie duidelik soos hierbo aangedui. Moet asseblief nie leerlinge se skryfwerk individueel oplaai nie. Maak die opsommenderlys asseblief die voorblad van u dokument
Kreatiewe Skryfwerk wat tussen Januarie en Augustus 2026 geskryf is, kan ingeskryf en opgelaai word.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 September 2026 en moet ons verkieslik voor die datum bereik.
Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag van die kompetisie gevoer word nie.
Daar moet 'n opsommenderlys van al die inskrywings opgelaai word. Dit moet die voorblad wees van u oplaaidokument. Die lys is ingesluit by die handleiding vir die kreatiewe skryfkompetisie en is vir aflaai beskikbaar.
Dit is vir kontrole.
Leerlinge moet elektronies geregistreer word.
LET WEL:
Die skool kan die beste werk van slegs 3 leerlinge per graad inskryf(Dus, slegs 3 skryfstukke per graad).
Hoërskole kan dus 15 leerlinge inskryf, as hulle sou verkies om meer as 3 per graad in te skryf, moet daar net ten minste inskrywings van elke graad wees.
Laerskole kan dus 12 leerlinge inskryf en daar moet ook ten minste inskrywings van elke graad wees as hulle meer as 3 by 'n graad inskryf.
Dieselfde getal inskrywings geld vir die ope-afdeling
Dit moet getik wees en dit moet elektronies opgelaai word.
Beeld gee nie individuele terugvoer aan skole, onderwysers, ouers of leerlinge nie, maar algemene terugvoer en wenke sal na afloop van die kompetisie beskikbaar gestel word.
BEPALINGS EN VOORWAARDES
TEGNOLOGIESE VEREISTES is die skool se verantwoordelikheid en Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelikheid daarvoor nie. Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelykheid vir inskrywings wat ons nie bereik nie vir watter rede ook al.
Alle inskrywings bly die besit van Beeld en behou die reg om unieke skryfwerk van leerlinge te publiseer (in die koerant en of in boekformaat), met naam-erkenning aan die skrywers daarvan, sonder enige verdere verpligting teenoor die individuele skrywers. Deur in te skryf, verbind u uself aan die bepaling en voorwaarde.
Deur vir die kompetisie in te skryf, waarborg die deelnemer dat hy of sy die alleeneienaar van die skryfwerk en die enigste kopiereg-eienaar van die inhoud van die kreatiewe skryfwerk (materiaal) is. Slegs ongepubliseerde werk kom in aanmerking vir hierdie kompetisie en deelnemers moet die verklaring(s) op die aanlyn indieningsvorm afmerk wat sertifiseer dat hul inskrywing hul eie, oorspronklike ongepubliseerde inskrywing/werk is en ook nie kunsmatig gegenereer is nie. Beeld behou die reg om wenners se skryfwerk aan hierdie riglyn te verifieer. Beeld en die beoordelaarspaneel behou die eksklusiewe reg voor om skryfstukke wat nie ’n leerling se eie oorspronklike werk is nie, of op enige kunsmatige wyse gegenereer is, na eie goeddunke te diskwalifiseer. Beeld behou die reg om kompetisiereëls te verander of te wysig sonder kennisgewing.
Die handleiding bevat die nodige dokumentasie soos die inskrywingsvorm, prosedure vir die inskrywings, asook die opsommenderlys wat u saam met die die leerlinge se kreatiewe skryfwerk moet oplaai.
OF