ITEMS MET 'N ROOI ASTERISK WORD VEREIS *
Stap 1: Die opsommenderlys van deelnemende onderwysers per skool (elektroniese oplaai by gegewe ruimte)
Stap 2: Die elektroniese registrasie per onderwyser (voltooi op die webblad)
Stap 3: Laai die onderwyser(s) se kreatiewe skryfwerk op by die gegewe oplaairuimte. Die opsommenderlys moet die voorblad van al die deelnemende onderwysers se skryfwerk, gesamentlik, met die opsommenderlys as voorblad, wees. Die onderwysers se skryfwerk moet duidelik gemerk word (Plaas die volgende op die skryfstuk van elke onderwyser: Naam van deelnemende onderwyser, naam van skool, titel van kreatiewe skryfwerk)
NOTA
Maak asseblief seker u het elke deelnemende onderwyser elektronies geregistreer en hulle skryfwerk opgelaai (voltooi op die webblad).
Geen e-pos-inskrywing word aanvaar nie.
Indien u 'n gmail adres invul (eerste e-pos), sal u 'n outomatiese respons vanaf die webtuiste ontvang. Wanneer u die stuurknop druk, sal u die reCaptcha respons moet voltooi.
Indien u 'n gmail adres invul (eerste e-pos), sal u 'n outomatiese respons vanaf die webtuiste ontvang. Wanneer u die stuurknop druk, sal u die reCaptcha respons moet voltooi. Gebruik asseblief Microsoft Edge, Safari, of Firefox op u selfoon om die vorms te voltooi.
Die opsommenderlys van deelnemende onderwysers per skool (elektroniese oplaai).Dit moet die voorblad van u oplaai-dokumentasie wees (kreatiewe skryfwerk).
Die onderwyser(s) se skryfwerk (elektroniese oplaai op die webblad)(Plaas die volgende op die skryfstuk van elke onderwyser: Naam van deelnemende onderwyser, naam van skool, titel van kreatiewe skryfwerk)
NOTAS:
Merk u leêrs (folders) duidelik met u skool se naam, bv HSMontana, LSBoskruin, HTSKruinsigland.
U MOET alle dokumentasie in een PDF hier oplaai. Die dokument mag egter nie groter as 10MB wees nie. Indien wel groter, moet u ons asseblief kontak. Met die korrekte stellings op u skandeerder is die perk van 10MB en een dokument haalbaar. Merk u PDF-dokumentasie duidelik soos hierbo aangedui. Moet asseblief nie onderwysers se skryfwerk individueel oplaai nie. Die opsommenderlys moet die voorblad van u dokument wees
Poësie: Kreatiewe Skryfwerk wat tussen Januarie en Julie 2025 geskryf is, kan ingeskryf word.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 Augustus 2025 en moet ons verkieslik voor die datum bereik.
Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag van die kompetisie gevoer word nie.
U moet die leerlinge en onderwysers op ons webtuiste elektronies inskryf/registreer by die toepaslike afdeling.
Die kreatiewe skryfwerk moet getik wees en dit moet ook elektronies opgelaai word in PDF-formaat.
Die handleiding met die nodige vorms vir deelname is onderaan die blad (die voltooide opsommenderlys moet ook elektronies opgelaai word op die spesifieke oplaai-area van 'n afdeling). Dit moet die voorblad van u oplaaidokument wees.
Die skool kan die beste werk van slegs 3 leerlinge per graad inskryf. (Dus, slegs 3 skryfstukke per graad) (Nie per klas nie). Vyftien (15) leerlinge per hoërskool en twaalf (12) leerlinge per laerskool kan ingeskryf word.**
Die skool kan die beste werk van slegs tien (10) onderwysers inskryf.**
Hierdie afdeling vir leerlinge en deelnemende onderwysers moet deur die skool bestuur, geverifieer en opgelaai word.
Gedigte mag nie korter as 14 reëls wees nie en die maksimum is 40 reëls.
Beeld gee nie individuele terugvoer aan skole, onderwysers, ouers of leerlinge nie, maar algemene terugvoer en wenke sal na afloop van die kompetisie beskikbaar gestel word.
BEPALINGS EN VOORWAARDES
TEGNOLOGIESE VEREISTES is die skool se verantwoordelikheid en Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelikheid daarvoor nie. Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelykheid vir inskrywings wat ons nie bereik nie vir watter rede ook al.
Alle inskrywings bly die besit van Beeld en behou die reg om unieke skryfwerk van leerlinge en onderwysers te publiseer (in die koerant en of in boekformaat), met naam-erkenning aan die skrywers daarvan, sonder enige verdere verpligting teenoor die individuele skrywers. Deur in te skryf, verbind u uself aan hierdie bepaling en voorwaarde.
Deur vir die kompetisie in te skryf, waarborg die deelnemer dat hy of sy die alleeneienaar van die skryfwerk en die enigste kopiereg-eienaar van die inhoud van die kreatiewe skryfwerk (materiaal) is. Slegs ongepubliseerde werk kom in aanmerking vir hierdie kompetisie en deelnemers moet die verklaring(s) op die aanlyn indieningsvorm afmerk wat sertifiseer dat hul inskrywing hul eie, oorspronklike ongepubliseerde inskrywing/werk is en ook nie kunsmatig gegenereer is nie. Beeld behou die reg om wenners se skryfwerk aan hierdie riglyn te verifieer. Beeld en die beoordelaarspaneel behou die eksklusiewe reg voor om skryfstukke wat nie ’n leerling/onderwyser se eie oorspronklike werk is nie, of op enige kunsmatige wyse gegenereer is, na eie goeddunke te diskwalifiseer. Beeld behou die reg om kompetisiereëls te verander of te wysig sonder kennisgewing.
Die handleiding bevat die nodige dokumentasie soos die inskrywingsvorm, prosedure vir die inskrywings, asook die opsommenderlys wat u saam met die die leerlinge se kreatiewe skryfwerk moet oplaai.
OF