Hierdie blad vertoon die beste op moderne webblaaiers (Browsers), bv Microsoft Edge, Safari, Chrome en Firefox. Vir Android-gedrewe selfone moet u Adobe-leser installeer om toegang tot die pdf-dokumentasie te verkry. Kontak ons indien u 'n probleem ervaar.
NB!! KENNISGEWING AAN OUERS EN LEERDERS
U kan u kind nou registreer vir die Lenteskool:
AANLYNKLASSE (1 - 6 Oktober)
Graad 11 en 12
AANLYNKLASSE vir Graad 11-12 (7 - 8 Oktober)(Vraestelvoorbereiding)
Beeldskool (e-Beeldskool) bied topgehalte klasse tydens die Oktober 2022 skoolvakansie vir Graad 11 en 12-leerders** aan. Die onderrigmedium is Afrikaans. Leerders sal goed afgerond word vir die Wiskunde en Fisiese Wetenskappe kurrikulum, asook eindeksamen voorbereiding waar werk onderrig en hersien word deur ervare onderwysers. Leerder, jy kan jou kennis kom verbreed en nuwe insigte in jou Wiskunde en Fisiese Wetenskappe verkry. Dit sal voordelig wees om die volledige vakansieprogram ook te volg.
Leerders wat die interaktiewe aanlyn klasse bywoon, ontvang na afloop van die klasse die betrokke video-skakel vir herkyk.
LET ASSEBLIEF OP DIE VOLGENDE:
VOLTOOI HIERDIE VORM VIR VRAESTELVOORBEREIDING
Die klasse sal alleenlik aangebied word indien daar genoegsame belangstelling is
Die eerste aantal leerders wat registreer, sal toegang kan verkry tot die kontakonderrig
Ons bied kontakonderrig, asook aanlyn onderrig tydens die Oktober-skoolvakansie aan
LET OOK OP DIE VOLGENDE: E-beeldskool bied weereens vraestelvoorbereidingsklasse aan, addisioneel tot die aanlyn vakansieskoolprogram.
Vraestelvoorbereidingsklasse: Wiskunde en Fisiese Wetenskappe: Vul die aparte registrasievorm in. Die klasse gaan fokus op probleemareas, vraestel interpretasie (vraestel 1 en 2), analitiese denke, tydspandering, en om optimale punte te verkry. Die fokus hier val op die eindeksamen: Vraestel 1 & 2.
Aanlyn klasse: Wiskunde en Fisiese Wetenskappe: Daar is 'n aparte registrasievorm vir aanlyn klasse : Wiskunde en Fisiese Wetenskappe. Die kurrikulum word hier omvattend en omsigtig hersien vir die eindeksamen.
Al bogenoemde opsies het aparte registrasievorms
Bywoning van Beeldskoolklasse sal u slegs R100-00 per uur kos afhangende van u keuses. Enkele van ons spesiale programme is meer as die aangeduide tarief.
Die tariewe is volledig uiteengesit onderaan elke registrasievorm.
U sal waarskynlik meer as een registrasievorm moet voltooi om te kwalifiseer vir kortings tussen die verkeie programme.
Ons is oortuig dat u waarskynlik nêrens anders teen die tarief en kwaliteit-onderrig, waarvoor Beeldskool bekend staan, gelykstaande sal verkry nie. Indien u onseker is wat die koste vir u gesamentlike keuses sal wees, kan u ons gerus kontak.
Spesiale Programme: Eksamenafronding, asook Kontakklasse by NWU en TUKKIES.
Indien u 'n gmail adres invul (eerste epos), sal u 'n outomaties respons vanaf die webtuiste kry. Wanneer u die stuurknop druk, sal u die reCaptcha respons moet voltooi.
Indien u 'n gmail adres invul (eerste epos), sal u 'n outomaties respons vanaf die webtuiste kry. Wanneer u die stuurknop druk, sal u die reCaptcha respons moet voltooi. Gebruik asseblief Microsoft Edge, Safari, of Firefox op u selfoon om die vorms te voltooi. Moenie Chrome gebruik nie.
BEPALINGS EN VOORWAARDES::
Let asseblief daarop dat ouers aparte registrasievorms moet voltooi vir die deurlopende aanlyn klasse, skoolvakansie aanlyn klasse en Vraestelvoorbereidingsklasse.
VOLG ASSEBLIEF DIE ROOSTER OP HIERDIE WEBTUISTE VIR SPESIFIKASIE VAN TYE: E-BEELDSKOOL PROGRAM.
Beeldskool (eBeeldskool) bied topgehalte klasse tydens die Oktober 2022 skoolvakansie aan. Die onderrigmedium is Afrikaans. Leerders sal goed afgerond word vir die Wiskunde en Fisiese Wetenskappe kurrikulum, asook eindeksamen voorbereiding waar werk onderrig en hersien word deur ervare onderwysers. Klasse gaan fokus op probleemareas, vraestel interpretasie (vraestel 1 en 2), analitiese denke, tydspandering, en om optimale punte te verkry. Die fokus hier val op Vraestel 1 & 2. Dit sal voordelig wees om die volledige vakansieprogram te volg.
Ons sien daarna uit om jou by Beeldskool klasse te verwelkom en jou doelwitte te help verwesenlik! Leerders wat die interaktiewe aanlyn klasse bywoon, ontvang na afloop van die klasse die betrokke video-skakel vir weerkyk.
BEPALINGS EN VOORWAARDES
Betalings kan dan elektronies gedoen word – e-pos jou bewys van betaling met volledige identifiseerbare inligting soos jou naam en van en kontakbesonderhede, asook die van ouers.
Beeld behou die reg om, indien daar in ’n sekere klasgroepering nie voldoende belangstelling is nie, dié betrokke klasse te kanselleer. Bespreek egter vroegtydig om teleurstelling te voorkom, want daar kan net ’n sekere aantal leerders per klas toegelaat word. Dit is leerders se verantwoordelikheid om die volle kursus waarvoor ingeskryf is, by te woon.
TEGNOLOGIESE VEREISTES is die ouer/wettige voog se verantwoordelikheid en Beeld in Onderwys neem geen verantwoordelikheid daarvoor nie. Beeld aanvaar geen verantwoordelikheid vir leerders wat aanlyn klasse of kontakklasse vroeër verlaat/mis/laat inskakel nie.
Verblyf en vervoer is die ouer se verantwoordelikheid.
’n Elektroniese skakel sal aan jou gestuur word vir die aanlyn klasse. Skakel ons telefonies voor die aanvang van klasse indien jy niks ontvang het nie. Die bedrag wat u moet inbetaal, is volgens die skaal hieronder. Die aantal dae wat u gemerk het, kan op die tabel hieronder gelees word en dis die bedrag wat u dienooreenkomstig moet inbetaal by die betrokke bank met die volgende bankbesonderhede:
Absa-tjekrekening: 4048931283
Tak: 632005
Rekeninghouer: Media24
Verwysingsnr: KIOB + leerling se naam
Stuur bewys van betaling aan:
E-pos: skool@ebeeldskool.co.za
Onthou om u betaling te maak!!!! U mag onder geen omstandighede die ELEKTRONIESE SKAKELS met iemand deel nie, sou ons dit optel, deur die tegnologie, sal u en die nie-geregistreerde leerders geblok word sonder terugbetaling. Inskrywings moet per e-pos gekanselleer word indien u besluit om te kanselleer. Leerders en ouers moet asseblief kennis neem dat die aanlyn onderrigplatform wat deur e-Beeldskool gebruik word streng maatreëls in plek het en in werking gestel word waar dit misbruik word.
Alle Beeldskool materiaal het streng kopiereg: Kontak ons asseblief indien u weet van enige onwettige verspreiding en of gebruik..
Hierdie is 'n wettige registrasie-dokument, wanneer u registreer en nie binne 14 dae voor aanvang van die aanlyn klasse skriftelik kanselleer nie, sal u aanspreeklik gehou word vir die volle bedrag. Ons doen ons beplanning op grond van die aantal ingeskrewe leerders. Voor u registreer, moet u asseblief seker maak dat u voortgaan om sodoende enige dispuut te voorkom. Indien betaling reeds gemaak is, sal 'n kansellasie fooi gehef word volgens die oordeel van die administrateurs van e-Beeldskool.
Indien u nie hierdie aanlynvorm verstaan nie, kan u ons skakel. In enige dispuut, sal al die terme en voorwaardes gebruik word vir beslegtiging. Dit sal egter nie bykomende inligting op die blad uitsluit nie. Die aanlynvorm is vir u gerief. Let wel, ons maak tans nie voorsiening vir aanlyn betalings nie. U moet 'n direkte bankdeposito maak en die bewys aan ons epos.
MOET ASSEBLIEF NIE DIE STUUR VAN BEWYS AAN DIE BANK OORLAAT NIE. BANKE GEE NIE DIE DETAILS VAN U EN U KIND NIE, GEVOLGLIK KAN ONS NIE BEPAAL WIE DIE BETALING GEMAAK HET NIE